Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Martelize sonder grense

Martelize sonder grense
 
2007-05-24


MARTELIZE Brink se pragtige blou oë flikker van opwinding wanneer sy begin gesels oor haar merkwaardige vooruitgang, van nederige student tot gewilde RSG uitsaaier.

Nie eens ’n seldsame siekte wat haar sonder die gebruik van haar bene gelaat het, kon haar keer om haar drome te verwesenlik nie.

Oud-Gimmie Martelize, dogter van wyle ds Matie Brink en sy vrou Cheryl, vertel dat sy self nie kan glo dat sukses so vinnig in haar skoot beland het nie.

Nadat sy in 1996 gematrikuleer het, was sy steeds nie seker in watter rigting sy wou vaar nie.

“Volgens my aanlegtoetse moes ek ’n sielkunde- of regsrigting betree. Ek het vir ’n oomblik aan sielkunde gedink, maar nadat ek my huiswerk gedoen het, het ek besluit dat dit beslis nie vir my is nie.”

Na lank kopkrap het Martelize politieke wetenskap op Stellenbosch gaan studeer en dit het tot ’n liefdesverhouding tussen haar en dié kursus gelei.

“Politieke wetenskap is die ongelooflikste rigting wat jy kan studeer om die mensdom te leer ken. Dit is onbeperk en maak vir jou oop om alles om jou te analiseer.”

Terwyl Martelize druk besig was met haar studies het sy iemand geken wat by die Stellenbosch-kampus radiostasie MFM ’n musiekprogram aangebied het.

Omdat sy nog altyd ’n groot liefde vir musiek gehad het, het sy gedink dat dit pret sal wees om self ’n program aan te bied.

Sy het aansoek gedoen en voordat sy weer haar oë kon uitvee het sy agter die mikrofoon gesit.

“Die gogga het toe vir my gebyt en soos wat ek meer betrokke geraak het, was dit al hoe moeiliker om my studies en my radiowerk tegelyk te volhou.

“Maar ek was nie bereid om een van hulle te los nie en op die ou end het ek my honneursgraad oor drie jaar gerek om die radiowerk steeds op dreef te hou.”

Martelize vertel dat toe sy graad gekry het, moes sy ernstig begin dink aan haar loopbaan.

“Ek het nie eens die radio ooreweeg nie, want dit is verskriklik kompeterend.

“Maar eendag in 2004 het Susan Booyens vir my uit die bloute geskakel en gevra of ek nie sal belang stel om by RSG aan te sluit nie.

“Ek was verstom en kon my geluk nie glo nie. Ek het die geleentheid aangegryp.

“Wat vir my persoonlik baie spesiaal was, was dat niemand by RSG geweet het dat ek gestremd is toe die aanbod gemaak is nie. Dit het ook hoegenaamd nie vir hulle saak gemaak nie.”

Martelize het by RSG begin as aanbieder van die jeugprogram ‘Bevonk’. Sy het vinnig gevorder tot regisseur, en vervaardig nou ook haar eie dokumentêre progamme. Dit lê vir haar baie na aan die hart.

Vandag is sy ’n huishoudelike naam en haar stem weergalm deur duisende huise tydens gewilde programme soos Oggend op RSG, Wat sê die Dokter en Bon Voyage (sy staan tans hier in vir Johan Rademeyer).

En wie is Martelize wanneer die mikrofoon vir die dag afgeskakel word?

“Ek het nou onlangs vir my ’n kitaar aangeskaf en verder het ek ongelooflike goeie vriende met wie ek dikwels sosiaal verkeer.

“Nes my pa, is ek ook baie lief vir kos maak en vriende onthaal.”
Dit is duidelik dat niks vir Martelize kan stuit nie en haar stem gaan



More News
  • Om die braaivleisvuur met Jan Braai
  • Versoeningsfees met fakkelloop
  • Iets spesiaal vir die beste braai denkbaar
  • Bok-fever strikes Paarl as Rugby kicks off
  • Hoe keer ’n gevangene terug na die gemeenskap?
  • Mr Winelands aangewys
  • Vreugde ná eerlikheid met vol beursie
  • Horses on gentle gallop to recovery
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za