Opvoedkundige oorlede
2007-05-31
’n BEKENDE in sport- en opvoedkundige kringe in Wellington, sielkundige Martin van der Merwe (45), is verlede week ter ruste gelê.
Van der Merwe is ’n jaar gelede met kanker gediagnoseer.
Hy was jare lank voorligter by Hugenote Hoërskool, voordat hy as streek skoolsielkundige gewerk en daarna sy eie opvoedkundige sielkundige praktyk van sy woning in Jordaanstraat bedryf het.
Van der Merwe het as skoolseun al provinsiale bekendheid verwerf op die atletiekbaan, krieket- en rugbyvelde. Ná skool het hy meer as 80 keer as agsteman vir Boland uitgedraf.
Maar daar is nog iets waarvoor Martin onthou sal word, is verlede week tydens ’n gedenkdiens in die NG Moederkerk, getuig.
Dis uit Martin se hand dat die serpe en die monderings so om die standbeeld van die kerk se stigter, Andrew Murray, gedrapeer is. So het sy familie en vriende hom gedenk, as die vasberade man en mentor, vrygewig, lojaal en liefdevol.
Martin word oorleef deur sy vrou Marina en twee seuns, Erik (15) en Werner (12).
More
News
|