Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Wagte wakker

Wagte wakker
 
2007-05-31

Lise Beyers

DIE Wellington Landelike Plaaswag is besig om van krag-tot-krag te gaan, met die oprigting van satelliet -polisiekantore in die Bovlei en Soetendal.

Vanweë die sukses van hierdie misdaadbekampings- veldtog, gelei deur insp Pierre Hugo, daal misdaad in gebiede om Wellington.

“Drank is die nommer een faktor wat lei tot misdaad. Dit gaan hand aan hand met aanrandings, rooftogte en verkragtings.

“Ons is van plan om misdaad hier uit te roei en ’n beter lewe vir die plaaslike mense te help skep.”

Die hoofkantoor van die Plaaswag sal op Goedehoop-plaas in die Bovlei gevestig wees, terwyl ’n vraghouer by Soetendalskool omskep gaan word in ’n permanente polisiekantoor wat 24 uur van die dag beman sal wees.

Dié projek is in Desember op die been gebring toe 17 vrywilligers van plase in die gebied opleiding ontvang het om die polisie by te staan.
Die vrywilligers het intensiewe opleiding ondergaan in konflikhantering, radiokommunikasie en hantering van misdaadtonele.

Sedertdien het die vrywilligers tot 50 gestyg en daar word beoog dat dié getal teen die einde van die jaar op honderd sal staan.

’n Hupstoot vir die projek is 25 bergfietse wat vandag deur die Wes-Kaapse LUR vir Veiligheid en Sekuriteit, Leonard Ramatlakhane, aan vrywilligers oorhandig word om hul werk te vergemaklik.

“Omdat die Plaaswag ’n positiewe bydra lewer in die bekamping teen misdaad in die landelike gebied, gaan ons nie nou slap lê nie.

“Nie net is ons toegewyd om misdaad te bekamp nie, maar ons wil van die gemeenskap hoor wat hul behoeftes en probleme is,” sê insp Hugo.

Vir navrae, skakel insp Hugo by 082-443-5714.

* Rural Farm Watch volunteers now have two satellite stations, in the Bovlei and Soetendal outside Wellington.



More News
  • Om die braaivleisvuur met Jan Braai
  • Versoeningsfees met fakkelloop
  • Iets spesiaal vir die beste braai denkbaar
  • Bok-fever strikes Paarl as Rugby kicks off
  • Hoe keer ’n gevangene terug na die gemeenskap?
  • Mr Winelands aangewys
  • Vreugde ná eerlikheid met vol beursie
  • Horses on gentle gallop to recovery
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za