Franschhoekers in België
2005-05-26
OP 10 Mei het 15 rugbyspelers van Groendal, Franschhoek, op die dorp Dilbeek in Belgi‰ aangekom vir ‘n kort toer. Dit is deel van die verbroederingsooreenkoms tussen die twee dorpe.
Hulle het onder meer aan ‘n internasionale toernooi met spanne uit Duitsland, Frankryk, Nederland, Wallis en België deelgeneem en word gehuisves deur die klub Dendermonde.
Saam met hulle reis die twee sjokolademakers van Franschhoek, Danny Windvogel en Denver Adonis.
Die groep is op die lughawe van Brussel verwelkom deur die “peet-vader” van die Hugenote sjokoladewinkel in Franschhoek, dr Jef Valkeniers.
Toe Danny en Denver ses jaar gelede hier in België kom leer het hoe om Belgiese Pralines te maak het hulle gereeld rugby gespeel by die klub van Dendermonde.
Die spanlede het die sakegemeenskap van Franschhoek bedank vir hul finansiële en morele steun aan die span.
More
News
|