Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Aansoekers sit stoele vol

Aansoekers sit stoele vol
 
2005-05-26


MENSE wat aansoek doen om toelaes by die kantoor van die Departement van Sosiale Dienste in die Paarl stroom steeds in en amptenare staan behoorlik bont om die aansoeke te verwerk.

Tans word sowat 46 300 toelaes daar geadministreer. Hiervan is 17 800 kindertoelae, 14 300 ongeskiktheidstoelae, 2 500 pleegsorgtoelaes, 700 sorgafhanklikheidstoelaes, 13 oudstryderstoelae en 11 000 ouderdomspensioene.

Betalings word maandeliks deur Allpay, die betalingsagent van die Departement, by 19 betaalpunte dwarsoor die distrik gemaak. Ander betalings word deur die bank betaal en die res by inrigtings.

Volgens die hoof van die Paarl-kantoor, Garth Morkel, is 1300 aansoeke ontvang vir die uitbreiding van die kindertoelaag tussen 1 April en 13 Mei vanjaar.

Van daardie datum af was daar gemiddeld 320 kliënte ‘n dag, en om die toename beter te kan bestuur, het die kantoor die wagkamer herorganiseer en 160 stoele aangekoop.

Die toename is te wyte aan die uitbreiding van die kindertoelaag van 12 tot 14 jaar.

Probleme rondom alle soorte aansoeke word ondervind vanweë die inligtingsbehoeftes van die regulasies. Oor die algemeen word meer probleme ondervind met ongeskiktheidstoelaes as gevolg van die beperkte beskikbaarheid van dokters.

Die Departement het dwarsdeur die provinsie addisionele dokters aangestel om die agterstande in mediese ondersoeke uit te wis.
Die standaard vir die afhandeling van toelae-aansoeke is 35 werksdae maar wanneer daar inligting kort, kan dit heelwat langer
neem.

* The growth in grant applications has caused increased queues at the Department of Social Services.



More News
  • Om die braaivleisvuur met Jan Braai
  • Versoeningsfees met fakkelloop
  • Iets spesiaal vir die beste braai denkbaar
  • Bok-fever strikes Paarl as Rugby kicks off
  • Hoe keer ’n gevangene terug na die gemeenskap?
  • Mr Winelands aangewys
  • Vreugde ná eerlikheid met vol beursie
  • Horses on gentle gallop to recovery
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za