Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Winnie Rust vereer

Winnie Rust vereer
 
2005-05-26


DIE Wellington ATKV-tak het met hul onlangse jaarvergadering ’n eretoekenning aan Winnie Rust gedoen vir haar bydrae tot die Afrikaanse skryfkuns.

Winnie is die dogter van CP van der Merwe, lank hoof van die Onderwyskollege, en skrywer van Afrikaanse taalhandboeke.

Sy het haar skoolopleiding by Hugenote Hoërskool voltooi en was ook hoofmeisie van die skool.

Sy het vroeër tydskrifverhale en bydraes vir vroue- en tienerdagboeke geskryf.

Haar kortverhale is in literêre tydskrifte gepubliseer en van haar rubrieke verskyn gereeld in die Paarl Post.

Die Literoprys vir debuterende skrywers is twee keer aan Winnie toegeken - vir haar verhale Queen Elizabeth (1999) en Trek aan Jou Klere Boeta (2001).

Sy het ook ’n boekie saamgestel oor die Geskiedenis van Bainskloof.
Winnie se eerste roman - “Martha”, ’n verhaal oor Martha Solomons, Countess of Stanford - het verlede jaar verskyn. Dit is ’n verhaal wat jou ook deur Wellington neem met bekende plekname en landskappe.

Dr Jeanette Ferreira, bekende historiese romanskrywer, sê dan ook: “Hierdie roman kan ’n trotse plek in die galery van historiese romans verower”.

Tien jaar gelede het Winnie ook die leiding geneem met die stigting van ’n leeskring vir Wellington - ’n organisasie waar lede gereeld bymekaarkom om boekbesprekings te doen.

Haar groot begeerte bly om weer die leeskuns, veral onder die jeug, aan te wakker.

Saam met haar man, dr Manie Rust, is hulle ook reeds baie jare betrokke by die plaaslike museum, Vriende van Afrikaans en ander gemeenskapsorganisasies.



More News
  • Om die braaivleisvuur met Jan Braai
  • Versoeningsfees met fakkelloop
  • Iets spesiaal vir die beste braai denkbaar
  • Bok-fever strikes Paarl as Rugby kicks off
  • Hoe keer ’n gevangene terug na die gemeenskap?
  • Mr Winelands aangewys
  • Vreugde ná eerlikheid met vol beursie
  • Horses on gentle gallop to recovery
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za