Saal beskikbaar vir gemeenskap
2007-06-14
WEENS ’n groot tekort aan goedtoegeruste sale op Wellington, het Die Wingerd se bestuur besluit om hul danssaal gratis aan die breë gemeenskap beskikbaar te stel vir kerkdienste, gemeenskapsvergaderings en basaars, op dae wat die saal nie in gebruik is nie.
Daar is tans ook ’n behoefte vir jazz-aande en ‘ballroom’ geriewe. Die Wingerd is besig met onderhandelings met die verskeie organisasies om hierdie inisiatief te loods.
Sodoende kan jazz-liefhebbers weggevoer word met gunstelingmusiek en ‘ballroom’ dansers hul passies kom oefen en ten toon stel by kompetisies.
Die Wingerd, 'n dwelmvrye danssaal vir mense 18 jaar en ouer, het ook nou sy musiekstyl aangepas om die breër gemeenskap se smake te bevredig. Almal word hartlik uitgenooi om hierdie nuwe aanpassings te kom beproef.
Skakel 083 303 8747 vir navrae.
More
News
|