Bastillefees bied wedloop en stap
2007-06-21
DIE Bastillefees se 10km Vryheidswedloop en 15km stap is twee geskiedkundige byeenkomste wat 14 Julie op Franschhoek aangebied gaan word.
Dié twee wedlope sal die aankoms van die Franse Hugenote tussen 1688 en 1720, die vrylating van slawe in die Dwarsriviervallei in Augustus 1834 asook die vrylating van oud-president Nelson Mandela op 11 Februarie 1990 herdenk.
Die 10km wedloop sal om 08:00 voor die plaas Boschendal begin en by Drakenstein- gevangenis eindig.
Massadeelname word aangemoedig vir die 15km stap wat ook om 08:00 vanaf Drakenstein-gevangenis begin en eindig by die Hugenote Monument op Franschhoek.
Die voormalige Comrades-wenner, Bruce Fordyce, sal hier as die seremoniële afsitter optree.
Die wedlope word deur Boland Atletiek namens die Franschhoek Wynvallei Toerisme gereël. Geen inskrywingsfooi sal gevra word vir die 15km stap nie.
Vir meer inligting, kontak Toerisme by 021-876-3603.
More
News
|