Amstelhof verkiesing
2007-06-21
SES kandidate beveg die tussenverkiesing volgende week Woensdag in Wyk 27 in die Paarl (Amstelhof).
Die stadsraadslid vir die wyk, Siena Saaiman (ANC), is in April oorlede.
Die kandidate is Jerome September (onafhanklik), Paul Arendse (onafhanklik), Conrad Poole (ID), Reggie Hendricks (ACDP), Minah Benans (ANC) en Jeffrey Scheepers (DA).
Kiesers in die wyk kan van 07:00 tot 21:00 stem by Amstelhof Primêr of die Navolgers van Christus Kerk (Bokmakieriestraat).
More
News
|