Reddingsoperasie vir hondjie
2007-07-05
’n Reddingsoperasie van byna twee uur is Vrydagoggend in Groenvleistraat, Noorder-Paarl, uitgevoer om ’n jong hond uit ’n aflooppyp te red.
Inwoners van die gebied het die getjank van die hond gehoor en die hulp van die DBV se Cindy Lubbe is ingeroep.
Die hond het aanvankllik uit vrees al hoe dieper in die pyp gekruip, maar is uiteindelik uitgelok.
Die hondjie is nou op soek na ’n liefdevolle huis. Die DBV kan gekontak word by 021-863-2720.
More
News
|