Help polisie so
2007-07-12
HUISBRAKE is aan die styg in Groot Drakenstein en die polisie waarsku die publiek om hul wonings en voertuie te alle tye te beveilig. Hekke en deure moet gesluit word en buiteligte moet snags aangeskakel word. Voertuie moet ook agter slot en grendel wees.
Indien die woning of voertuig ’n alarm het, moet dit gebruik word. Laat ook geen waardevolle items in voertuie nie.
Die polisie wil ook graag daarop klem lê dat mense wat slagoffers word van inbraak niks in of om die toneel moet aanraak nie.
Die polisie moet dadelik van die voorval in kennis gestel word. Versuim om dit te doen kan daartoe lei dat waardevolle leidrade soos vingerafdrukke en voetspore verniel sal word en dit maak die moontlikheid om die skuldiges dan vas te trek byna onmoontlik.
Huiseienaars word ook aangeraai om hul waardevolle besittings te fotografeer en ook, waar moontlik, die reeksnommers af te skryf. Vir verdere inligting skakel kapt Sharon Blankenberg by 021-874-8000 vir gratis gravering van items.
More
News
|