Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Old Boys speel vir interskole

Old Boys speel vir interskole
 
2007-07-12


Die Hoër Jongenskool en Paarl Gimnasium se twee oudstudente-unies speel hierdie jaar hul jaarlikse rugby- en gholfwedstryde op onderskeidelik 1 en 2 Augustus.

Verlede jaar is daar besluit om hierdie twee unieke geleenthede te kombineer onder die handelsmerk van Paarl Old Boys' Classic (POBC).

Woensdagaand 1 Augustus word die rugbywedstryde gespeel. Dit vind plaas by Boishaai se sportgronde te Brugstraat.

Wedstryde begin om 19:00 wanneer die Golden Oldies (bo 40’s) die skare met hul vaardighede kan beïndruk.

Onmiddellik daarna volg die Old Boys (30-40). Hierdie wedstryd word tradisioneel teen ‘n relatief hoë tempo gespeel en beloof om groot vermaak te verskaf.

Die biertent open 18:00, waar daar musiek gemaak gaan word en lekker saam gekuier gaan word. Daar sal ook eetgoed beskikbaar wees.

Oud-studente, ouers en belangstellendes van beide skole is welkom.



More News
  • Om die braaivleisvuur met Jan Braai
  • Versoeningsfees met fakkelloop
  • Iets spesiaal vir die beste braai denkbaar
  • Bok-fever strikes Paarl as Rugby kicks off
  • Hoe keer ’n gevangene terug na die gemeenskap?
  • Mr Winelands aangewys
  • Vreugde ná eerlikheid met vol beursie
  • Horses on gentle gallop to recovery
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za