Old Boys speel
2007-07-19
DIE Hoër Jongenskool en Paarl Gimnasium se twee oudstudente-unies speel hierdie jaar hul jaarlikse rugby- en gholfwedstryde op onderskeidelik 1 en 2 Augustus.
Verlede jaar is daar besluit om hierdie tweede unieke geleenthede te kombineer onder die handelsmerk van Paarl Old Boys Classic (POBC).
Woensdagaand 1 Augustus word die rugbywedstryde gespeel. Dit vind plaas by Boishaai se sportgronde te Brugstraat.
Wedstryde begin om 19:00 wanneer die Golden Oldies (bo 40’s) die skare met hul vaardighede kan beïndruk.
Onmiddellik daarna volg die Old Boys (30-40). Hierdie wedstryd word tradisioneel teen ‘n relatief hoë tempo gespeel en beloof om groot vermaak te verskaf.
Die biertent open 18:00, waar daar musiek gemaak gaan word en lekker saam gekuier gaan word. Daar sal ook eetgoed beskikbaar wees.
Oud-studente, ouers en belangstellendes va
More
News
|