Geniet winterlesings
2007-07-26
DIE Stigting vir Bemagtiging deur Afrikaans (SBA) in samewerking met die Breytenbach sentrum hou Saterdag van 09:00 ‘n reeks winterlesings in die Goodnowsaal op Wellington. Voorste akademici sal die lesings aanbied.
Taal is in wese dit wat van ons mens maak. Om ten volle te begryp wat dit beteken om mens te wees, moet ons die rol van taal in die sosiale konteks, veral in die ontwikkeling van mense, gemeenskappe en nasies, verstaan.
Prof Ampie Coetzee praat om 09:30 oor Wat is Taal? Prof Hermann Giliomee praat om 10:30 oor Taal en haar Geskiedenisse. Prof Hein Willemse praat om 11:30 oor Taal en die Letterkunde.
Om 13:00 gesels Desmond Painter oor taal, ongelykheid en hoop, en om 14:00 praat prof Sarie Berkhout oor taal en die opvoedkunde.
‘n Registrasiefooi van R100 is betaalbaar tydens registrasie. Dit sluit in bywoning van al die lesings en alle etes.
Bespreek by tel 021-481-8304 of 873-2786.
More
News
|