Tiener sterf skielik
2005-06-02
'n PAARLSE tiener het Maandagoggend vroeg in die Tygerberg Hospitaal gesterf aan akute nierversaking, vyf dae nadat sy skielik siek geword het.
Caroldene Fortuin (14), in graad nege aan Charleston Hill Primêr, was volgens skoolhoof Vincent Parrot verlede week nog op skool en blakend gesond.
Volgens haar ma, Magdalene, het sy verlede Woensdagoggend gekla van moegheid, waarna sy haar dokter toe geneem het.
Caroldene se toestand het egter gaandeweg versleg en na ‘n tweede doktersopinie is sy met nierversaking gediagnoseer en in die Tygerberg Hospitaal opgeneem.
Haar toestand was so swak dat sy aan ‘n dialise-masjien vir oorlewing gekoppel is, maar oor die naweek het haar toestand kritiek geword, tot sy beswyk het.
Haar hartseer pa, John, sê, “Caroldene was ‘n stil, gehoorsame kind en het gehou daarvan om te sing, en is daarom in die skoolkoor opgeneem. Ons gaan haar mis.”
Caroldene word benewens haar ouers oorleef deur ‘n broer, Aldino (20), en ‘n babasussie Kaylee.
Die begrafnisdiens is Saterdag om 09:00 by die huis te Mozartstraat 33, Groenheuwel, en om 10:00 by die Nuwe Apostoliese Kerk.
More
News
|