Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Bekende sterf

Bekende sterf
 
2007-08-16


'n LEIERSFIGUUR in die Paarl gemeenskap en ‘n bekende in die graniet- en boubedryf, Billy Clift, is Dinsdagoggend ná 'n kort siekbed oorlede.

William John Clift (78) het in 1947 gematrikuleer aan die Hoër Jongenskool Paarl en het op 13 Januarie 1948 as jong man by die familiebesigheid, JA Clift in Suider-Paarl, begin werk.

Hy was die besturende direkteur en voorsitter van die onderneming totdat hy in 1997 opgevolg is deur sy seun, William. Daarna was hy steeds, tot sy afsterwe, aktief betrokke.

Hy was vroeër jare sekretaris van die Paarlse Kleinsakevereniging en voorsitter van die Master Masons & Quarry Association.

Billy Clift was voorheen woonagtig in die historiese Schoongezicht-opstal te Hoofstraat 52 en na sy aftrede te Welgevonden 29, Pinestraat, Suider-Paarl.

Hy word oorleef deur sy eggenote Elise, kinders William, Nina en Anne, skoondogter Sandra en skoonseuns dr Johan Slabbert en Frikkie Bormann, en agt kleinkinders.

Die gedenkdiens word môre om 12:00 in die Strooidakkerk gehou.



More News
  • Om die braaivleisvuur met Jan Braai
  • Versoeningsfees met fakkelloop
  • Iets spesiaal vir die beste braai denkbaar
  • Bok-fever strikes Paarl as Rugby kicks off
  • Hoe keer ’n gevangene terug na die gemeenskap?
  • Mr Winelands aangewys
  • Vreugde ná eerlikheid met vol beursie
  • Horses on gentle gallop to recovery
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za