Orrel maak stem dik
2007-08-23
DIE NG Kerk Wellington-Noord vier vanjaar sy 50ste bestaansjaar en om die geleentheid te vier, is die kerkorrel aangepas om sy stem dik te maak.
Die pragtige Muller-orrel wat in 1959 geďnstalleer is, is baie groot en het ‘n totaal van 1600 pype, maar die afgelope vyf jaar het Wellington-Noord so begin groei, dat dit moeilik geraak het om die gemeente met die huidige orrel te dra.
Na ondersoek deur orrelis Johan Enslin en orrelspesialis Richard Moth, het hulle agtergekom dat die orrelbouer R Muller die orrel geďnstalleer het met die bekommernis dat die volume van die instrument te groot gaan wees.
Daar is toe destyds besluit om die windtoevoergaatjies kleiner te maak en gevolglik was die orrel se volume al die jare gedemp.
Enslin het in Mei verlof van die kerkraad gekry om die orrel te laat regstel en van 16 tot 20 Julie het Richard Moth gespook om die hele orrel se toevoergaatjies weer te vergroot.
Hy het ook die hele orrel oorgestem, wat ‘n reusewerk was.
“Die orrel klink nou soos hy moet!” sę Enslin met blydskap oor die voltooiing van die groot en duur werk.
More
News
|