Duiweboere verdien vlerke
2007-08-30
Jacques Rossouw
TWEE duiweboere van die Paarl het die afgelope naweek geskiedenis gemaak nadat hulle vir die eerste keer sedert die ontstaan van die Boland Duiwe Unie (1947) die top drie plekke geneem het tydens die jaarlikse Victoria-Wes Derby.
Die pa-en-seun kombinasie van Dolf en Theuns Botha het die vere van hul teenstanders gepluk met hierdie uitsonderlike prestasie.
Die wenspoed was ’n merkwaardige 1651,459 meter per minuut wat ook die spoed-skild aan dié paar besorg het.
Slegs jaar-oud duiwe mag vir hierdie elite wedvlug ingeskryf word en spesiale derby-ringe word gebruik om onderskeid te tref.
Dolf (69) is al 51 jaar betrokke by duiwe en is tans afgetree.
Theuns (36) het ernstig met duiwe begin boer toe hy 12 was.
More
News
|