Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Gemeenskapsmens oorlede

Gemeenskapsmens oorlede
 
2007-08-30


‘n BEKENDE Wellingtonner, Tom Abrahams, is verlede week dae voor sy 83ste verjaardag oorlede.

Abrahams is gebore te Hoekstraat 4, Wellington. Daar het hy en sy oorlede vrou, Annie, hul twee kinders groot gemaak, en dis waar hy gesterf het.

Wellingtonners ken almal die T Abrahams General Dealers in Pentzstraat.

Abrahams was veral aktief in die St Alban’s Anglikaanse Kerk op Wellington en by die Unity Brass Band Society. Hy was 14 jaar lank op die beheerraad van die Val du Charron Meisieskool en ook lank betrokke by die Wellingtonse Bejaardesorgvereniging en die Newton Seniorklub.

Hy was vroeër jare ‘n aktiewe tennisspeler, vrederegter en lid van die Waardasieraad. Assistering met die nuwe munisipale eiendomswaardasies verlede jaar was juis sy laaste groot betrokkenheid.

Abrahams was ook betrokke by die Gemeenskapspolisieforum, die Estetiese Komitee en die Vriende van die Wellington Museum.

"Hy het dit tot op die einde tog so waardeer dat die museum hom van die vergaderings in kennis gestel het, al kon hy nie meer bywoon nie,” het sy dogter, Carol, gesê.

Abrahams word ook oorleef deur ‘n seun en twee kleinkinders. Die tuisdiens is 10:00 Saterdag te Hoekstraat met ‘n gedenkdiens 11:00 by St Alban’s Anglikaanse Kerk in Milnerstraat, Wellington.



More News
  • Om die braaivleisvuur met Jan Braai
  • Versoeningsfees met fakkelloop
  • Iets spesiaal vir die beste braai denkbaar
  • Bok-fever strikes Paarl as Rugby kicks off
  • Hoe keer ’n gevangene terug na die gemeenskap?
  • Mr Winelands aangewys
  • Vreugde ná eerlikheid met vol beursie
  • Horses on gentle gallop to recovery
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za