Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Inligtingsessies oor fees

Inligtingsessies oor fees
 
2007-08-30


ALMAL word uitgenooi om een van die inligtingsessies van die Cultivariafees by te woon om te sien waar daar nog geleentheid is om ekstra inkomste te genereer.

Daar word twee sessies aangebied: Donderdag 6 September by die Strauss-saal om 18:30 en op Vrydag 7 September om 16:00 by De Oude Paarl Hotel.

‘n Voorskou van vanjaar se feesprogram word gedoen waarna die organiseerders enige vrae sal beantwoord en voorstelle vir volgende jaar sal verwelkom.

Toegang is gratis en geen besprekings is nodig nie. Vir navrae, skakel 021-872-9754.

Spesiale afslag by Strauss-saal

* Spesiale afslagkaartjies vir die Cultivaria-feesproduksies in die Strauss-saal is tans daar beskikbaar as deel van ‘n gemeenskapsuitreik.

Altesame elf van die fees se meer as 100 produksies gaan van 21 tot 24 September in die saal op die planke wees.

Drie van die elf produksies is vir kinders en is heeltemal gratis. Die res van die produksies se kaartjies is heelwat goedkoper by die saal te kry as wat dit by die feeskantoor of op die internet beskikbaar is, as deel van Cultivaria se gemeenskapsuitreik.

* Vrydagaand 21 September om 20:30 is die bekende sanggroep Freshlyground daar te sien teen R30.

* Saterdag 22 September word heeldag gewy aan gratis kinderproduksies. Om 09:00 is Jannie de Bruin die buikspreker aan die beurt, om 09:45 is dit Kamielieperd red die diere, 10:30 Dennis die Nar en 11:00 Liewe Heksie (almal gratis).

* Die middag is daar verskeie orkeste wat van 14:00 optree in Kapityt (met Fire Ball, Ronnie Appollis, Johnny Appollis en Nerina Brass Band) saam met RSG se Fritz Klaase. Toegang is slegs R20.

* Die Saterdagaand om 20:00 is die groot musiekster Vusi Mahlasela in dieselfde saal te sien teen slegs R20.

* Sondag 23 September om 12:00 word die klassieke koorstuk Die Messias van Händel opgevoer deur die Nuwe Apostoliese Koor begelei deur die Stellenbosch Simfonie-orkes (slegs R20).

* Die middag om 16:00 tree die trompetduo CH2 & die bekende Soweto String Quartet op (R30).

* Maandag 24 September om 16:30 sluit die fees in hierdie saal af met die groot produksie Paarl Pops (R30). Die sterre is Brandon October, Jennifer Jones, die Bala Broers en Kevin Leo. Vir meer besonderhede, skakel Sheryl Petersen by 021-862-3810.



More News
  • Om die braaivleisvuur met Jan Braai
  • Versoeningsfees met fakkelloop
  • Iets spesiaal vir die beste braai denkbaar
  • Bok-fever strikes Paarl as Rugby kicks off
  • Hoe keer ’n gevangene terug na die gemeenskap?
  • Mr Winelands aangewys
  • Vreugde ná eerlikheid met vol beursie
  • Horses on gentle gallop to recovery
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za