Legende in die wynbedryf oorlede
2007-09-06
DIE legendariese Paarlse wynmaker Sarel Rossouw (83) is Saterdag in die Paarl Medi-Clinic oorlede na ’n siekbed weens kanker.
Rossouw het in 1947 as jong man begin werk by Simonsvlei terwyl die kelder nog in aanbou was.
Hy het daar groot naam gemaak in die wynbedryf voordat hy in 1986 afgtree en in Courtrai gaan woon het.
Hy word oorleef deur drie kinders, Johan en Kobus (albei betrokke by Overhex Kelder), en Anita Bernard van Grabouw, asook tien kleinkinders. Hy is Dinsdag in die Klein Drakenstein kerkhof ter ruste gelê.
More
News
|