Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Van Dyk na Maties

Van Dyk na Maties
 
2007-09-06


DIE Paarlse rolstoelatleet en Laureus Wêreld Sportman van 2006, Ernst van Dyk, het vroeër dié week by die Universiteit van Stellenbosch begin werk. Hy het onlangs sy werk as sportskakel vir Fidentia verloor nadat die maatskappy gesluit het.

Van Dyk, wat by Maties se Sportprestasie-instituut (Suspi) betrokke gaan wees, sal blykbaar dié handelsmerk bemark en ook kliënteverhoudings uitbrei.

Die maatskappy is deur die universiteit geskep om hul sportfasiliteite, -kundigheid en -bates te kommersialiseer.

Van Dyk het gesê sy aanstellling sal nie inmeng met sy oefenprogram nie en dat hy van plan is om later hierdie maand aan die Newcastle halfmarathon (Engeland) deel te neem.



More News
  • Om die braaivleisvuur met Jan Braai
  • Versoeningsfees met fakkelloop
  • Iets spesiaal vir die beste braai denkbaar
  • Bok-fever strikes Paarl as Rugby kicks off
  • Hoe keer ’n gevangene terug na die gemeenskap?
  • Mr Winelands aangewys
  • Vreugde ná eerlikheid met vol beursie
  • Horses on gentle gallop to recovery
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za