Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Huis vir Heidi

Huis vir Heidi
 
2007-09-06


NET soos die bergkind wat weerloos in die berge beland het, so is ’n verlate hond wat in Paarlberg gevind is, Heidi genoem.

Voormalige Wellington DBV-voorsitter, Nicolette Williams, het sowat twee maande gelede rustig op Paarlberg gery, toe sy ’n skadu van ’n dier tussen die fynbos gewaar het.

Omdat sy ’n groot diereliefhebber is, het sy stilgehou en uit die bos het ’n erg uitgeteerde jong hond gestap gekom.

Die hond was brandmaer en vol byt- en krapmerke.

Nicolette het sonder huiwering die vuil hond huis toe geneem, en tussen haar en haar ma, Lorraine, is Heidi teruggedokter na ’n normale, lewenslustige hond.

Beide Paarlberg en Dutoitskloof is gebiede waar mense hul ongewenste diere agterlaat.

Heidi is ’n medium-grootte basterhond wat geweldig liefdevol is, veral teenoor kinders.

Sy is tans in so ’n goeie kondisie dat Nicolette en Lorraine skaars kan glo dat sy dié hond is wat in Paarlberg gevind is.

Maar die storie het nog nie ’n gelukkig einde nie.

Die Williamse het te veel diere en te min plek. Enigiemand wat hul lewens wil verryk deur Heidi aan te neem, kan vir Lorraine skakel by 021-873-0171 of 083-232-5746.

* An abandoned dog found on Paarl Mountain is looking for a home. - Lise Beyers



More News
  • Om die braaivleisvuur met Jan Braai
  • Versoeningsfees met fakkelloop
  • Iets spesiaal vir die beste braai denkbaar
  • Bok-fever strikes Paarl as Rugby kicks off
  • Hoe keer ’n gevangene terug na die gemeenskap?
  • Mr Winelands aangewys
  • Vreugde ná eerlikheid met vol beursie
  • Horses on gentle gallop to recovery
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za