Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Kundiges stig nuwe radiostasie

Kundiges stig nuwe radiostasie
 
2007-09-20

May Saal

DIE Franschhoek FM 87.6 het sy oorsprong in die ontmoeting tussen twee mans, dr Frans Koens en prof John van Zyl, albei kundiges in die uitsaaiwese.

Prof Van Zyl, wat verlede jaar op Franschhoek kom woon het, was vir dertig jaar hoogleraar in Kommunikasiekunde en Media by die Universiteit van Witwatersrand.

Na sy aftrede in 1996 het hy eers Classic FM radio in Johannesburg gestig. Hy het toe ABC Ulwazi gestig en hom vir die volgende tien jaar toegewy om die gemeenskapsradiosektor te steun met opleiding en met die produksie van opvoedkundige radio- programme.

Sy nie-winsgewende organisasie, ABC Ulwazi, het uiteindelik wêreldwyd bekend geraak weens hulle vakkundigheid.

So het dr Frans Koens, ’n Nederlander wat sewe jaar die voorsitter was van die Stem van Afrika Stigting, tot sy aftrede in 1998, vir prof Van Zyl leer ken.

Die doel van die stigting was nog altyd om bystand te leen aan gemeenskapsradio in Afrika (ook in Uganda en Wes-Afrika).
Dr Koens het die moontlikheid om ’n radiostasie in Franschhoek te stig, gesteun. Sy wens was om persoonlik by te dra tot ’n radiostasie in die Wes-Kaap.

Buitendien het hy en sy vrou geen nasate nie, en hy besluit toe om ’n lewende testament te skep en sy eie geld te gebruik vir dié doeleinde. Dr Koens het sy fondse beskikbaar gestel en daar is ’n begin gemaak om die ateljees in te rig en die uitsendmas op te rig.

Die Matoppieheuwel was nie beskikbaar nie, en die mas is op die terrein van Franschse Hoek geplaas.

Franschhoek FM 87.6 is Saterdag geopen nadat hulle 10 September begin uitsaai het (daagliks tussen 05:30 en 22:00).

Die dag se programme word begin met ’n uur en ’n half Xhosa-program. Vanaf 06:00 tot 12:00 gesels Deon Julies oor gebeure in Franschhoek en omgewing.

Daarna gesels Helen Naudé oor gebeure rondom gesondheid, argitektuur, kos, wyn en kuns.

Jeremy Davids gesels gedurende die middag oor jeugkwessies, veral groepsdruk en die uitdagings van die hedendaagse jeug.

Ester von Waltsleben gesels laatmiddag oor kultuur en doen ’n boekvoorlesing en ook ’n kursus in Xhosa.
Die aand word afgesluit met musiek..



More News
  • Om die braaivleisvuur met Jan Braai
  • Versoeningsfees met fakkelloop
  • Iets spesiaal vir die beste braai denkbaar
  • Bok-fever strikes Paarl as Rugby kicks off
  • Hoe keer ’n gevangene terug na die gemeenskap?
  • Mr Winelands aangewys
  • Vreugde ná eerlikheid met vol beursie
  • Horses on gentle gallop to recovery
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za