Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Nuwe polisiekantoor binne 5 jaar

Nuwe polisiekantoor binne 5 jaar
 
2007-09-27

Lise Beyers

VERLIGTING is gebring aan Wellington speurders nadat hulle onlangs verhuis het vanaf die vervalle ou gebou langs die polisiestasie, na nuwe kantore in Hoofstraat.

Die nuwe gebou is gehuisves langs die brandweerstasie en bied heelwat meer gerief en spasie vir die speurders.

Daar word reeds lankal oor die swak toestand van die Wellington polisiestasie gepraat met ’n bitter smaak in die mond.

Die gebou is reeds 75 jaar gelede opgerig vir ’n polisiediens wat destyds bestaan het uit ’n skamele 25 lede.

Tans word daar egter 130 lede in die gebou gevestig.

Omdat die gebou uit sy nate begin bars het, is die speurders verskuif na ’n huis langsaan wat eers die stasiebevelvoerder gehuisves het.
Behalwe die uiters swak toestand van dié geboue, is die elektriese installasie oorlaai.

Hierdie plofbare situasie is telkemale onder die aandag van die departemente van veiligheid, asook gesondheid gebring, maar tot dusver sonder resultate.

Daar is wel lig aan die einde van die tonnel.

Volgens ’n woordvoerder van die polisie is planne reeds in die pyplyn om ’n splinternuwe polisiestasie op die perseel van die ou daghospitaal in Wellington te bou.

“Ek het die planne reeds gesien en dit lyk baie soos die planne van die nuwe Paarl-Oos polisiestasie wat tans langs Allandale gevangenis opgerig word.

“Die groot gesloer is egter die oordrag van die grond na die staat en sodra dit gedoen is, sal tenders gevra word vir die konstruksiewerk.

“Ons sal wel in vyf jaar se tyd ’n nuwe polisiegebou hê waar die administratiewe sowel as die uniform- en speurpersoneel in gerief gehuisves sal wees.”

Die nuwe telefoonnommer vir die speurders is 021-864-9600.

* Wellington is set to have a new police station within five years. Meanwhile detectives have moved to different premises.



More News
  • Om die braaivleisvuur met Jan Braai
  • Versoeningsfees met fakkelloop
  • Iets spesiaal vir die beste braai denkbaar
  • Bok-fever strikes Paarl as Rugby kicks off
  • Hoe keer ’n gevangene terug na die gemeenskap?
  • Mr Winelands aangewys
  • Vreugde ná eerlikheid met vol beursie
  • Horses on gentle gallop to recovery
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za