Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Wynmanne wérk op wiele

Wynmanne wérk op wiele
 
2007-09-27


DIT was ‘n boeredag met ‘n verskil, Saterdag se vierwieltrek in die wingerde van Wellington.

Die “rally” deur die rye is aangebied deur Wamakersvallei wynkelder, met verteenwoordigers van al drie produsentekelders op Wellington wie se kennis van wingerdbou en die wynbedryf getoets is.

Maar, dis nie al nie. Die bestuursvernuf van die manne van Wamakersvallei-, Wellington- en Bovleikelders is ook deeglik op die proef gestel.

Daar was 22 bakkies wat deelgeneem het, met 60 boere en plaasbestuurders.

Vir elke bakkie was daar ‘n vraestel, met ‘n kaart van die roete wat binne vier ure voltooi moes wees.

Die deelnemers moes van plek tot plek ry en vrae beantwoord wat betrekking het op die wingerdblok.

Vrae het onder andere gehandel oor grondvoorbereiding, prieelstelsels en plantwydtes, terroirseleksie, onkruid- en siektebeheer, snoeitegnieke en uitkenning van kultivars.

Daar is ook geproe, want dit was immers lede van wynkelders wat mekaar en die ander man se plaas- en boerderymaniere leer ken het.

Die persele was win gerdblokke op verskillende plase op die roete, wat oor 90km van Wellington tot by Hermon, gestrek het.

Die roete is voor die tyd reeds uitgewerk met ’n GPS en daar was natuurlik ‘n paar modderige speelgate ook.

Op die roete was daar ook twee anderlike “natgate”, waar die dors en honger geles kon word.

Die dag is afgesluit met ‘n laat-middagete, waar daar tegniese terugvoer gegee is, maar ook die belangrike op die tafel was - die gesellige samesyn van die boere van Wellington se drie groot wynkelders.

Wenners van die dag was (eerste) die span met PW Botha en Shaun Swanepoel, (tweede) Jannie Bosman, Martin Malan en Hugo Rust, (derde) Jan Louw du Plessis en Niel du Plessis.

Die Beste Wegtrek-prys aan die span van Danie Malan, Helius le Roux, Willie Laubscher en Koos Malan en die prys vir Bestuursvernuf (nadat die manne sy vierwieltrek skelm na twee-wiel gedraai het), Petrus Bosman van Lelienfontein.



More News
  • Om die braaivleisvuur met Jan Braai
  • Versoeningsfees met fakkelloop
  • Iets spesiaal vir die beste braai denkbaar
  • Bok-fever strikes Paarl as Rugby kicks off
  • Hoe keer ’n gevangene terug na die gemeenskap?
  • Mr Winelands aangewys
  • Vreugde ná eerlikheid met vol beursie
  • Horses on gentle gallop to recovery
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za