Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Wellingtonner van die Jaar

Wellingtonner van die Jaar
 
2007-09-27


EUGENIE WIGGINS is verlede week deur die Rapportryers aangewys as die Wellingtonner van die Jaar.

Wiggins het haarself 27 jaar gelede in Wellington gevestig en sedertdien het sy haar onvermoeid beywer om dié dorp, wat in haar hart ingekruip het, te verfraai.

Sodoende het sy betrokkke geraak by reklame- en toerisme-aksies om Wellington se beeld te bou.

Sy was die onvermoeide dryfkrag agter die vestiging van ‘n kultuursentrum asook die stigting van die toerismeburo, waarvan sy ook ‘n bestuursraadlid was.

Haar betrokkenheid hierby het gelei tot ‘n bewilliging van R950 000 van die Lotto vir die restourasie van die Grevilleas-gebou wat hierna omskep is in die Breytenbach Kultuursentrum.

Hierdie sentrum is ‘n bate vir die hele gemeenskap en ‘n ware eerbetoning aan ‘n internasionaal gerekende kunstenaar en skrywer, Breyten Breytenbach.

Die Verfraaiingskomitee is in 1997 gebore uit haar betrokkenheid by toerisme.

Dit het bygedra daartoe om die voorkoms van Wellington te verbeter, asook om besighede en individue aan te moedig om besorg te wees oor die voorkoms van hul persele.

Daar is ook daadwerklik gepoog om die ingange na Wellington te verfraai.

Die jaarlikse boomplantdag is nog 'n geesteskind van Wiggins, waarvan die sewende onlangs plaasgevind het.

Nog ‘n inisiatief van haar is die sakeperseel-toekennings wat sedert 2000 plaasvind met die doel om sake- en nywerhede aan te moedig om hulle persele te verfraai.

Tans stoei sy met die “adopt-a-park” projek waar die publiek as vennoot van die Munisipaliteit betrek word in die versorging en ontwikkeling van fokus-areas.

Die Rapportryers het saamgestem dat dié toekenning aan ‘n besonderse Wellingtonner toegeken is wat ‘n deurslaggewende rol in die gemeenskap speel.



More News
  • Om die braaivleisvuur met Jan Braai
  • Versoeningsfees met fakkelloop
  • Iets spesiaal vir die beste braai denkbaar
  • Bok-fever strikes Paarl as Rugby kicks off
  • Hoe keer ’n gevangene terug na die gemeenskap?
  • Mr Winelands aangewys
  • Vreugde ná eerlikheid met vol beursie
  • Horses on gentle gallop to recovery
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za