Boland Vredesentrum geloods
2007-10-04
Dié inisiatief is ‘n vennootskap tussen Boland Kollege (FET) en Jepsa (‘n nie-winsgewende organisasie van die Paarl).
Die Sentrum by die Paarl-kampus poog om ‘n kultuur van verdraagsaamheid en mense-ontwikkeling desondanks diepliggende verskille, in en tussen die verskeie gemeenskappe, te bevorder.
Daar word ook verbandhoudende navorsingsprojekte aangepak.
Die dienste word gelewer aan individue, gesinne, gemeenskappe, die sakesektor en openbare sektor.
Die konflikprogram sal ook fokus op konflikresolusie, konflikbestuur en konflikvoorkoming.
As deel van die vredebouprogram sal kursusse in ontwikkelingstudies en projekbestuur aangebied word, met die vestiging van eenjarige programme waar studente onder mentorskap hul voete in die entrepreneurskapswęreld kan vind.
Boland Kollege sal die nodige SAQA-akkreditasie van die kursusse waarborg.
Mediasiedienste sal fokus op alternatiewe dispuutresolusie binne die regspraktyk. Navorsing het bevind dat talle siviele konflikte wat in die howe beland, deur mediasie besleg behoort te word.
Vennootskapsamewerking vir fasiliteringsbehoeftes is reeds aangegaan, met die Centre for Creative Problem Solving.
Voorbeelde van sake wat deur alternatiewe dispuutresolusie besleg kan word, is huwelikskonflik en eg–skeidingsmediasie, arbeidskonflik, kontrakkonflikte, landbou- en grondeisverwante konflikte.
Navorsing sal onderneem word oor gemeenskapsverwante konflikte wat tans die suksesvolle transformasieprosesse in Suid-Afrika bedreig.
So ook die identifisering van hindernisse vir mensontwikkeling en die vestiging van ‘n vredesomgewing te midde van diversiteit; die transformasie van stygende geweldsmisdaad op gemeenskapsvlak; die worteloorsake wat ‘n leervriendelike omgewing en gemeenskapslewe aan bande lę en die ontwikkeling van toepaslike kreatiewe probleem-oplossende programme.
Navorsing sal ook in vennootskap met ander tersięre in-stellings onderneem word.
Die publiek, gemeenskap, sakesektor, owerheidsinstellings en die regsgemeenskap is baie welkom om die Boland Vredesentrum by Boland Kollege te kontak.
Hoewel die Sentrum by Boland Kollege se Paarl kampus gevestig is, sal dienste vir die ander kampusse (Stellenbosch, Strand, Caledon en Worcester) beskikbaar wees.
Kontak Alta Nel by Boland Kollege 021-872-3323 vir inligting in die Boland Vredesentrum.
More
News
|