Nuwe hart ingeplant
2005-06-09
’n BEKENDE inwoner van Wellington sterk tans aan na ’n hartoorplanting.
Chris Wust (44), ’n munisipale ingenieur, het op 14 Mei ’n hartoorplanting in die Christiaan Barnard Hospitaal in Kaapstad ondergaan.
Hy het in 1999 hartskade opgedoen, vermoedelik weens ’n griepvirus.
Die afgelope vyf jaar is die toestand met medikasie beheer maar 'n pasaangeër is verlede jaar tevergeefs ingeplant.
Sy gesondheid is sedert die hartoorplanting baie beter, volgens sy vrou Suzan, ’n onderwyseres by Hoërskool Gimnasium. Die egpaar het ook drie kinders, Lea-Marie (12), Carli (10) en Suzanne (6).
More
News
|