Kerk opgeknap vir eeufees
2005-06-09
WERKERS wat nie skrik vir hoogtes nie, is deesdae te sien op die steiers wat opgerig is vir verfwerk aan die Toringkerk in die Paarl. Die kerk word tans deeglik opgeknap teen ’n koste van R230 000 vir die viering van sy eeufees in 1907.
Daar is reeds heelwat onkoste aangegaan om die vloere op te knap en krag aan te lê sodat die horlosie verlig kan word.
Een van die figure agter die bou van die kerk in die vroeë jare van die vorige eeu nadat die gemeente afgestig het van die Paarl-gemeente, was Septimus (Seppie) de Villiers, voormalige burgemeester wat geleef het om sy 100ste verjaarsdag te vier.
De Villiers het glo gereeld tot dakhoogte van die steierwerk geklim tydens die bouery en op die mure gestap om seker te maak of die bouwerk van die groot gebou deeglik verrig is.
More
News
|