Buurtwag in Noorder-Paarl
2007-10-25
’n BUURTWAG is onlangs in samewerking met die gemeenskap van Noorder-Paarl en die polisie op die been gebring.
Hierdie buurtwag is tans funksioneel tussen Lang- en Retiefstraat, maar daar word nou beplan om die inisiatief na ander gebiede van die Paarl uit te brei.
Supt Bea Swart het gesê dat die sukses van die buurtwag afhang van die samewer-king van die breë publiek.
“’n Buurtwag gaan oor goeie buurmanskap. Ons moet ons bure leer ken en as hulle nie tuis is nie, moet ons nie agter geslote deure skuil nie, maar ook ’n ogie hou oor wat in die buurt aangaan.
“Dus is daar geen onkostes hieraan verbonde nie, slegs goeie buurmanskap.
“As daar enige verdagte bewegings in die straat of by bure gesien word, moet die polisiesektorvoertuig, wat verantwoordelik is vir dié gebied, geskakel word by 082-444-3194.”
’n Plaaslike sekuriteitsfirma het ook aangebied om te help met patrollies. Supt Swart is ook alle ure by 082-469-0957.
Vanaand word ’n vergadering om 19:00 by die konferensiesaal by Huis Paarlvallei gehou om ’n buurtwag te bespreek vir die gebied tussen Hospitaal- en Langstraat.
Maandag vind nog ’n vergadering plaas om 19:00 by die Bethelgebou (Chevesportterrein) vir die gebied Auretstraat tot Jan Phillips-bergpad, Noorder-Paarl.
More
News
|