Mooi, mooier, mooiste model
2007-10-25
“DAAR is beslis mooi meisies in die Paarl.”
So sê Paarliet Charie Botha (21), ’n deelnemer aan die landwye Revlon Supermodel 2007 modelkompetisie wat Saterdagaand 3 November om 18:00 afskop op SABC3.
Charie het in 2004 gematrikuleer aan Labori Hoërskool, waar sy daardie jaar ook Mej Labori was. ’n Jaar later was sy ’n finalis in die Miss Cape Peninsuala kompetisie.
Chaire doen al modelwerk sedert graad agt vir ’n modelagentskap in Kaapstad, Zero models.
“Ek is in die Paarl gebore en was by Laerskool Courtrai en toe by Labori, maar woon nou in Kaapstad, want dit is waar my agentskap is,” sê die vriendelike Charie.
Sy is glad nie bang vir die Supermodel-kompetisie nie.
“Maar ek weet net nie wat om te verwag nie, want dit sal die eerste keer wees dat ek op TV aan so ’n groot kompetisie deelneem”.
Charie wat haarself beskryf as gelukkig en behulpsaam, hou van fietsry in haar vrye tyd.
“Ek hou nie van swak drywers, rugstekery en valse mense nie.”
Charie gaan saam met 15 van die land se top modelle deelneem aan die Supermodel- kompetisie.
Van die wenner word nie net verwag om mooi te wees nie, maar sy moet ook die talent hê om professioneel en geestelik te kan oorleef in die kompeterende modelbedryf.
More
News
|