Pensioen weg
2007-11-08
’n ROOMYS het Maandag vir ’n pensioentrekker net trane beteken - toe ’n dief haar handsak van die winkeltoonbank in die Paarl steel en verdwyn.
“Ek het net ’n roomys gaan koop,” sê Rhoda Martin van Amstelhof hartseer. Toe sy die R2 vir die roomys uit haar handsak wou haal, was dié skoonveld.
“Ek het dit saam met drie inkopiesakke op die toonbank gesit. Die kossakke was nog daar, maar my bruin handsakkie was weg.”
Die winkelassistent het die verdagte herken en kliënte het hom tot by die taxistaanplek agter Shoprite gevolg. Daar het hy die handsak neergegooi en verdwyn.
Rhoda het haar handsak teruggekry, maar sonder haar beursie met R200 of R870 se pensioengeld, wat die dief in die hardloop uitgehaal het.
Polisiegemeenskapsforum-voorsitter Alec Theo het die ontstelde vrou ondersteun en haar na die polisiestasie geneem om ’n klag te registreer.
Hy gaan ook by Sosiale Dienste aanklop om hulp vir die slagoffer.
Die verdagte woon glo saam met sy moeder in Disastraat, Paarl-Oos.
* A thief stole a woman's pension.
More
News
|