Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Bring so jou kant

Bring so jou kant
 
2007-11-22


WIL jy graag plaaslike welsynsorganisasies help?

Alle skenkings van lesers aan die Paarl Post Kersfonds gaan aan plaaslike welsynsorganisasies deur die Wes-Kaapse Gemeenskapskas, wat sowat 30 verdienstelike plaaslike organisasies steun.

Pragtige skenkings is reeds van plaaslike maatskappye ontvang en hierdie week het Hugenote Hoërskool die fonds ’n hupstoot gegee met ’n skenking van R5000. Hulle daag alle hoërskole uit om hul skenking te ewenaar. Dié groot bedrag is ingesamel met ’n rugbyraai met die Wêreldbeker.

Die Primêre Seunskool Paarl het ook ’n groot skenking van R2121,90 bymekaargemaak tydens hul welsynsweek om die Kersfonds te steun.

Saam met nog R500 van die Holy Trinity Church se Mother’s Union, ’n anonieme skenking van R150 en ’n hele R10 000 van Huguenot Investments staan die Kersfonds nou op R25 415,90.

Die Gemeenskapskas maak reeds aansienlike bydraes tot welsynsorganisasies in die Paarl Post se lesersgebied en lesers word uitgenooi om dié poging ’n hupstoot te gee met bydraes deur die Paarl Post Kersfonds.

Alle bydraes aan die Paarl Post Kersfonds word in ’n afsonderlike bankrekening inbetaal en deur die Gemeenskapskas teruggeploeg in die Paarlvallei - geen bydraes van ons lesers sal aan begunstigdes buite die Paarl Post se lesersgebied uitbetaal word nie.

Stuur skenkings aan Paarl Post Kersfonds, Posbus 248, Paarl, 7620. Alle skenkings word in die Paarl Post erken.

Skenkings kan ook direk inbetaal word in die Gemeenskapskas/Paarl Post Kersfondsrekening 62152029007 by FNB (taknommer 261150) en faks die strokie na 021-872-9280 (aandag Kersfonds). Tjeks moet uitgemaak word aan Gemeenskapskas van die Wes-Kaap.

Die Gemeenskapskas benut alle leserskenkings om welsyn te steun - administrasiekostes word verhaal uit ander bronne, soos erflatings.

Vir navrae, kontak Conrad Rademeyer, algeme­ne bestuurder van Paarl Post (021-807-3717), of Anne Kruger, redakteur van Paarl Post (021-870- 3701).




More News
  • Om die braaivleisvuur met Jan Braai
  • Versoeningsfees met fakkelloop
  • Iets spesiaal vir die beste braai denkbaar
  • Bok-fever strikes Paarl as Rugby kicks off
  • Hoe keer ’n gevangene terug na die gemeenskap?
  • Mr Winelands aangewys
  • Vreugde ná eerlikheid met vol beursie
  • Horses on gentle gallop to recovery
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za