Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Trollieman steel harte

Trollieman steel harte
 
2007-11-29


ngela Duvenage

OOR die afgelope vier jaar het die immer glimlaggende Auburn Conradie seker een van die bekendste gesigte op Wellington geword, terwyl hy dag na dag vir kliënte van Pick ’n Pay help om hul swaargelaaide inkopiewaentjies tot by hul motors te stoot.

Diegene wat vir die eerste keer daar inkopies doen, is dikwels verras wanneer hulle agterkom dat hierdie vriendelike 22-jarige eintlik heeltemal gehoorgestremd is. Hy laat homself egter nie daardeur afskrik nie, en bly ’n gewilde lid onder die kliënte en personeel van die winkel.

Hy sê mense kom heel gou agter dat hy gehoorgestremd is, en skrik nie juis nie.

“Hulle gesels altyd met my,” skryf hy in reaksie op ’n paar vrae deur die Paarl Post.

Volgens Auburn, wat van geboorte af doof is, kan hy ’n bietjie liplees, maar kommunikeer hy ten beste met handgebare.

Die beste manier vir kliënte om met hom te gesels is deur iets op papier te skryf of om met die hande te beduie. Sy lipleesvaardighede help ook.

Dié Paarliet, wat in Pearlview bly, sê hy het skoolgegaan by die Nuwe Hoop Sentrum in Worces­ter, waar hy in die koshuis gebly het.

Daar het dié Springbokondersteuner deelgeneem aan sy gunsteling-sportsoort, rugby, en soos Brian Habana op nommer 11 as vleuel uitgedraf.

Hy het in Maart 2003 op Wellington begin werk.

Hy bly by sy ouers in die Paarl, vanwaar sy pa hom elke dag inbring vir werk.

Al is dit reënerig of vuurwarm op Wellington, bly Auburn op sy pos as trollieportier.




More News
  • Om die braaivleisvuur met Jan Braai
  • Versoeningsfees met fakkelloop
  • Iets spesiaal vir die beste braai denkbaar
  • Bok-fever strikes Paarl as Rugby kicks off
  • Hoe keer ’n gevangene terug na die gemeenskap?
  • Mr Winelands aangewys
  • Vreugde ná eerlikheid met vol beursie
  • Horses on gentle gallop to recovery
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za