LEDE van die Paarl polisie het flink opgetree toe hulle drie mans vasgetrek het wat kort vantevore ’n man beroof het. Die man is verlede Vrydag in Ambagsvalleistraat deur drie mans oorval toe hy op pad huis toe was. Hulle het hom beroof van sy beursie met R350 daarin en te voet gevlug.
Die polisie is dadelik in kennis gestel en was binne oomblikke op die toneel. Die mans is kort hierna vasgetrek en die slagoffer se beursie is in hul besit gevind.
Roger (29) en Llewellyn Claasen (18), asook Mauritzo Krotz (21), is in hegtenis geneem.