Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Seun ken foefies

Seun ken foefies
 
2005-06-15


BAIE foefies word ingespan om aandag te trek, ook om jou lyf op die sypaadjie plat te gooi sodat verbygaande motoriste geskok die ambulans skakel.

“Ons ken hom al so goed,” het ’n ambulansman by navraag gesê oor die seun wat onlangs weer konsternasie op die hoek van Oos-Boschstraat en Jan van Riebeeckweg veroorsaak het.

“Ons het hom al by die hospitaal gaan aflaai waar hy onder meer ook vir epilepsie getoets is. Hy is nie siek nie.”

Dis moeilik om inbellers te oortuig dat die 12-jarige Ricardo maar so maak. “Hy kry dit selfs reg om op te gooi en om stuiptrekkings na te maak. Sodra iemand vir hom iets te ete koop, kom hy wonderbaarlik reg.

“Ons het hom al ’n paar keer in die ambulans gelaai, en sodra die deure toegaan makeer hy niks. Dan sit hy penregop en wil hê ons moet die ligte en sirenes vir hom aanskakel.”

Ook die polisie ken die seun se truuks. Hulle neem hom gereeld terug na sy woning in Paarl-Oos wanneer bekommerde verbygangers die “siek kind op die sypaadjie” aanmeld.

* A local boy is renowned for pretending to have fits to gain sympathy while begging.



More News
  • Om die braaivleisvuur met Jan Braai
  • Versoeningsfees met fakkelloop
  • Iets spesiaal vir die beste braai denkbaar
  • Bok-fever strikes Paarl as Rugby kicks off
  • Hoe keer ’n gevangene terug na die gemeenskap?
  • Mr Winelands aangewys
  • Vreugde ná eerlikheid met vol beursie
  • Horses on gentle gallop to recovery
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za