Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Skokdood in Paarl

Skokdood in Paarl
 
2005-06-15


DIE familie en groot vriendekring van ’n jong Paarliet is die naweek geskok oor sy skielike dood.

Donovan Cocklin (22) se moeder, Inha, het haar seun Vrydagaand opgehang in hul woonstel in Bloemendal, Noorder-Paarl, ontdek.

“Donovan was so ’n spontane mens,” het sy vriende verslae gesę.

“Dit was heerlik om in sy lewensvreugde te deel.

"Ons wens hy het gepraat oor probleme waarmee hy moes worstel.
Dan kon hy dalk betyds hulp kry.”

Donovan was ’n bekende in die Paarl, waar hy ná matrikulasie aan Boland Kollege as bediener en kelner by De Luga’s en die afgelope byna twee jaar by Seidelberg wynkelder gewerk het.

Benewens sy moeder, laat Donovan sy twee ouer broers, Jacques en Shaun.

Die gedenkdiens is Donderdag 13:00 in die Paarlberg NG Kerk.



More News
  • Om die braaivleisvuur met Jan Braai
  • Versoeningsfees met fakkelloop
  • Iets spesiaal vir die beste braai denkbaar
  • Bok-fever strikes Paarl as Rugby kicks off
  • Hoe keer ’n gevangene terug na die gemeenskap?
  • Mr Winelands aangewys
  • Vreugde ná eerlikheid met vol beursie
  • Horses on gentle gallop to recovery
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za