Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Wellingtoners pronk met pryse

Wellingtoners pronk met pryse
 
2007-12-13


WELLINGTON het die afgelope paar weke ’n driekuns behaal deurdat verskeie van hul boorlinge uitgeblink het.

Verlede Donderdagaand is Jannie Bosman se Bovlei plaas, Lelienfontein, aangewys as Plaas van die Jaar tydens die Rural Development Farm Network (Rudnet) se Farm Health Awards Program vir 2007.

Tydens dieselfde funksie wat by Delvera tussen Paarl en Stellenbosch gehou is, is Lelienfontein plaaswerker Klaas Morkel ook as Plaaswerker van die Jaar aangewys.

Hierdie toekennings word jaarliks gehou om ’n omvattende evaluering te doen na die sosio-ekonomiese toestande op plase en die nakoming van gesonde arbeidspraktyke, asook om erkenning te verleen aan beide plaaswerkers en produsente vir hul bydrae tot sosiale opheffing van hul plaaswerkers en gemeenskappe.

Vanjaar het 42 plase aan die program deelgeneem en pryse is toegeken vir sosiale opheffing, gesonde arbeidspraktyke en swart ekonomiese bemagtiging.

Elke deelnemende plaas kry ’n uitvoerige verslag oor die bevindings van sy sosio-ekonomiese omstandighede en bydraes.

Aan die einde van die projek word die algehele bevindings van die totale ondersoek saam gestel waarmee die verskillende dele van die bedryf en die regering van die stand van sake op wynplase ingelig kan word.

Bosman het gesê dat die toekenning wat sy plaas ontvang het te danke is aan goeie, standvastige samewerking van almal wat betrokke is by Lelienfontein.

Nog ’n Leliefonteiner, Rita Andreas, personeelbestuurder, het vantevore ’n spesiale gesondheidstoekenning in dieselfde kompetisie namens dié plaas ontvang.

Nog ’n plaaslike uitblinker is insp Pierre Hugo wat twee weke gelede aangewys is as Wes-Kaap Polisiebeampte van die Jaar.

Insp Hugo is die man wat verantwoordelik is vir die hoogs suksesvolle plaaswag wat die landelike gebiede van Wellington patrolleer.

Nie net is hierdie plaaswag ingestel om misdaad in dié gebied te bekamp nie, maar ook om by te dra om plaasgemeenskappe by te staan.

“Hierdie projek is die voorloper van plattelandse veiligheid in Suid­Afrika en dien ‘n gebied met meer as 300 plase. Sowat 7000 mense is woonagtig hier en my visie is om hulle te dien en te help.”

Insp Hugo het bygevoeg dat die sukses van sy projek sowel as Lelienfontein se toekennings te danke is aan die goeie samewerking tussen die plaaswag en plaaswerkers.

“Sonder dat ons mekaar bystaan sou ons nie hierdie toekennings kon bereik het nie.”




More News
  • Om die braaivleisvuur met Jan Braai
  • Versoeningsfees met fakkelloop
  • Iets spesiaal vir die beste braai denkbaar
  • Bok-fever strikes Paarl as Rugby kicks off
  • Hoe keer ’n gevangene terug na die gemeenskap?
  • Mr Winelands aangewys
  • Vreugde ná eerlikheid met vol beursie
  • Horses on gentle gallop to recovery
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za