Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Twee stap SAD al 20 jaar - sonder om te draf

Twee stap SAD al 20 jaar - sonder om te draf
 
2007-12-13


AS jy iets wil weet oor die reëlings rondom die jaarlikse SAD Safari Half­marathon, is die regte mense om te vra Koos le Roux of Hennie Engelbrecht. Hulle is so te sê instellings by die byeenkoms.

Dié twee Wellingtonners is al van dag een af betrokke by dié gewilde gebeurtenis, wat vanjaar vir die 20ste maal aangebied is deur die Wellington Rapportryerskorps en die Wellington Atletiekklub.

Die twee is pas deur die Wellington Rapportryerskorps, waarvan hulle lede is, vereer met oorkondes vir hul jarelange ononderbroke onbaatsugtige diens.

Die halfmarathon, wat as een van die drie gewildste gebeurtenisse van sy soort in Suid­Afrika beskou word, is twee dekades gelede op inisiatief van die Wellington Rapportryerskorps en die Wellington Atletiekklub begin om onder meer die dorpte bevorder.

Oor die jare het die aanvanklike inskrywingstal van sowat 300 atlete gegroei tot die 10 000 deelnemers van vanjaar, wat stappers en pretstappers insluit.

Weens die groeiende gewildheid van die halfmarathon is ’n professionele byeenkomsorganiseerder, Top Events, ’n paar jaar gelede ingebring om die groep vrywilligers met die fynere dingetjies te help.

“Dit is werklik ’n gemeenskapspoging hierdie,” vertel Koos as jy uitvra oor wat hom motiveer om jaar na jaar weer skouer aan die wiel te sit vir die SAD.

“En dit beteken baie vir die bemarking van die dorp, en die inbring van geld na instansies wat stal­letjies beman.”

Koos het na 20 jaar as koördineerder van die Rapportryersgeledere uit hierdie posisie bedank: “Mens moet darem die jonger manne ook ’n kans begin gee.”

Hy gaan egter steeds voort om die roete en beamptes onder sy vleuels te hou, soos wat hy met die vorige 20 wedlope gedoen het.

Gedurende die twintig jaar het Hennie al alles van inskrywings behartig tot worsbroodjies vir die deelnemers organiseer.

Deesdae is hy in beheer van die water- en verversingspunte, wat hy sê ’n plesier is danksy die gewillige hulp met bemanning van talle ondernemings oor die jare heen.

“Toe ons destyds met die inskrywings begin het, was dit nog in die dae voor ’n rekenaar, en alles moes met die hand gedoen word,” onthou hy die dae van in kerksale sit om vorms met die hand uit te skryf.

En het die twee al ooit self oorweeg om deel te neem? “Nee wat, ek was nog altyd te besig,” is Hennie se diplomatiese antwoord.

Koos is beslis: “Daar’s geen manier nie, al betaal hulle my,” sê dié gholf- en muurbalspeler.




More News
  • Om die braaivleisvuur met Jan Braai
  • Versoeningsfees met fakkelloop
  • Iets spesiaal vir die beste braai denkbaar
  • Bok-fever strikes Paarl as Rugby kicks off
  • Hoe keer ’n gevangene terug na die gemeenskap?
  • Mr Winelands aangewys
  • Vreugde ná eerlikheid met vol beursie
  • Horses on gentle gallop to recovery
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za