n PASIËNT met hoofbeserings in die Stellenbosch Hospitaal weet nie wie hy is nie.
Die polisie van Groot Drakenstein het die beseerde man op 19 November na die hospitaal gebring.
Hulle was onder die indruk dat die bruinman, ene Rene Moses, van ‘n informele woongebied in Groot Drakenstein is, of dat hy van Groendal by Franschhoek kom.
Inligting oor die man, in sy dertigs, kan gegee word aan Liesl Sassman by 021-887-0310.