DIE gemeenskapsorganisasie Kingdom Ministries Mental Health and Psychiatry bied ’n eenjaarversorgingskursus aan.
Die kursus is hoofsaaklik gerig op die versorging van die ongeveer 300 psigiatriese kliënte van die organisasie.
Die fokus van die organisasie is op psigososiale rehabilitasie.
Gekeurde studente kom in aanmerking vir ’n beurs van R33 000. ’n Intreefooi van R200 is na keuring betaalbaar teen 30 November en R400 met registrasie op 30 Januarie.
Studente sal dié jaar woon in tehuise van die Brackenfell-gebaseerde organisasie.
’n Inligtingsessie word 14 November gehou om 10:00 by Huis Sonop te Stikland hospitaal in Bellville.
Skakel Sanet Louw by 086605-7383 vir meer besonderhede oor die kursus.