’n GEWILDE jong werknemer van die verkeersdepartement het verlede week skielik aan ‘n beroerte gesterf.
Diana Smith (35) wat by die Wellington verkeersafdeling gewerk het, het Dinsdag begin sleg voel by die werk.
Sy is na die Paarl MediClinic geneem, maar was reeds met haar aankoms in ’n koma.
Daar is vasgestel dat sy ’n reuse beroerte gehad het.
Smith was ’n bekende in die voertuigbedryf van Wellington.
Sy was vir vyftien jaar verbonde aan die verkeerskantoor en was veral onder die motorhandelaars gewild weens haar uiterse behulpsaamheid met die lisensiëring van voertuie.
Smith word oorleef deur haar pa, Willem, met wie sy ‘n huis gedeel het in Denneburg, Paarl, en broer Herman.