Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Kersfonds sluit af op 'n hoë noot

Kersfonds sluit af op 'n hoë noot
 
2007-12-20


DIE Paarl Post Kersfonds sluit vandeesweek af op ’n hoë noot, met ’n skenking van R7000 van Paarl Post Media en bykomende bydraes van die koerantpersoneel.

Lootjies is onder die personeel van Paarl Post verkoop, wat die pragtige bedrag van R1580 ingebring het.

Onder die pryse wat personeel kon wen, was ’n lam, kampstoele, juweliersware en geskenkbewyse (die borge was Maxis, McDonalds, Wellington Body & Skin Clinic, Minimax, Spur, Spar Wellington, Nelson’s Creek, CWJ Jewellers, Meatrite en Agrimark).

’n Verdere R22,80 is verhaal uit die donasiekissie in die voorportaal.

Die Kersfonds sluit vanjaar dus af op die pragtige totaal van R55 000 met verskeie groot bydraes wat reeds van plaaslike maatskappye en skole ontvang is.

Alle skenkings van lesers aan die Paarl Post Kersfonds gaan aan plaaslike welsynsorganisasies deur die Wes-Kaapse Gemeenskapskas, wat sowat 30 verdienstelike plaaslike organisasies steun.

Lesers wat nog bydraes wil maak, kan verseker wees dat alle bydraes aan die Paarl Post Kersfonds in ’n afsonderlike bankrekening inbetaal word en deur die Gemeenskapskas teruggeploeg word in die Paarlvallei.

Stuur laat skenkings aan Paarl Post Kersfonds, Posbus 248, Paarl, 7620 (tjeks moet uitgemaak word aan Wes-Kaap­se Gemeenskapskas). Alle skenkings word in die Paarl Post erken.

Skenkings kan ook direk inbetaal word in die Gemeenskapskas/Paarl Post Kersfondsrekening 62152029007 by FNB (taknommer 261150) en faks die strokie na 021-­872-9280 (aandag Kersfonds).




More News
  • Om die braaivleisvuur met Jan Braai
  • Versoeningsfees met fakkelloop
  • Iets spesiaal vir die beste braai denkbaar
  • Bok-fever strikes Paarl as Rugby kicks off
  • Hoe keer ’n gevangene terug na die gemeenskap?
  • Mr Winelands aangewys
  • Vreugde ná eerlikheid met vol beursie
  • Horses on gentle gallop to recovery
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za